Notule van vorige vergadering 13 Julie 2006

Homepage Wat's nuut? Guest Book Kontak blad Foto's Notule 

Notule van komitee vergadering.

Die Verlore Seun

 

Notule van beplanningsvergadering gehou op 14 Junie 2006 om 18h00 in Bethlehem-Wes Kerksaal

 

  1. Opening

Ds Dougy open die vergadering met ‘n pragtige beeld van die weerkaatsing van die son in ‘n spieël.  Fokus op Jesus – die perfekte weerkaatsing.

 

  1. Verwelkoming en bekendstelling

Dries heet almal welkom en stel die nuwe mense bekend – Johan, Corné, Karien en Fanie.

 

  1. Doel van die vergadering

Coenie verduidelik dat die grootste doel van die vergadering is om al die ratte te laat draai sodat die produksie  aan die gang kan kom.  Elke rat speel ‘n ongelooflike groot rol in die suksesvolle uitvoering van die projek.

 

  1. Die Verlore Seun”

Ds Wessel vertel van die stuk wat hy geskryf het.  Daar gaan heelwat meer fiktiewe dele in die stuk wees as in “Die Leë Stoel”.  Stuk bestaan uit 36 tonele en is gebasseer op die gelykenis van die verlore seun.  Christus is as die verlore seun na die aarde gestuur om ons te kom verlos.  Alles gaan nuut en anders wees as die vorige passiespele.  Verlore seun gaan deur verskeie gebeure tot waar hy aan die einde met sy pa sowel as sy broer versoen word.

 

  1. Datums en besprekings

 

5.1     Passiespel speelvlak 2007

Nadat daar verskeie opsies oorweeg is en aspekte soos Paasfees en skoolvakansies in ag geneem is, is daar finaal deur die vergadering besluit dat die Passiespele vir 2007 sal plaasvind vanaf 5 – 18 Maart 2007.  Die besluit is algeheel aanvaar.  Coenie noem dat ons vooraf moet besef dat die opvoerings oor 2 weke strek – Maandag, Dinsdag, Donderdag, Vrydag en Saterdag.  Dit gee ‘n totaal van 10 opvoerings.  Daar gaan ook gekyk word om die spele na buurdorpe te neem en is daar twee Saterdae daarvoor uitgesit.  Spelers en organiseerders moet ook bewus wees daarvan dat sou die kaartjieverkope dit vereis, daar dalk die Woensdae-aande ook opgevoer sal moet word.

 

5.2    Reklame-aksies – besoeke aan kerke

Ds Dougy en Dries sal gesamentlik ‘n brief opstel wat aan 42 kerke in die omgewing gestuur gaan word.  Die predikante / leiers van die kerke sal dan versoek word om hierdie brief op Sondag, 23 Julie 2006 aan die verskeie gemeentes voor te lees.  In die brief sal al die Christene genooi word na die algemene vergadering.  Ds Dougy onderneem om self die predikante te kontak om te versoek dat die brief voorgelees word.  Afhangende van die opkoms tydens die algemene vergadering, sal daar besluit word of die vergadering ‘n persoonlike aksieplan gaan uitvoer om elke kerk te gaan besoek om beroepe op die mense te doen.  Daar moet egter klem gelê word dat ALLE CHRISTENE genooi word om betrokke te raak by die Passiespele.  Die aspek rondom ander kulture is ook bespreek.  Daar is gedink aan die idée om vir diegene wat nie vervoer het nie, ‘n “voog” aan te stel wat hulle na en van die saal kan help vervoer tydens die oefeninge en optredes.

 

5.3    Gemeenskapsinligtingsvergadering

Hierdie vergadering sal plaasvind op Woensdag, 26 Julie 2006 in Bethlehem-Wes Kerk om 18h00.  Die belangrike datum en tyd sal volgende week in die media bekendgemaak word.  Tydens hierdie vergadering gaan al die reëlings deurgegee word van die oudisies, watter rolle vertolk kan word, watter take verrig moet word, ens.  Die lyste van die onderskeie groepe sal ook saamgestel word,.  Daar sal met die persone verantwoordelik vir ververssings gereël word of daar verversings verkoop gaan word, al dan nie.  Karien noem dat dit ‘n baie groot teikenmark is om te bereik en daar word versoek dat daar na ‘n banier en/of pamflette ook gekyk word om mense na die algemene vergadering te nooi..

 

  1. Algemeen

Coenie / Dries bring die volgende algemene punte onder die vergadering se aandag:

 

           Die musiek gaan baie meer lig en in operette-styl wees as opera-styl, omdat mense wil sing vir die genot daar.

 

           Die teks verskil baie van die vorige passiespele en die rolspelers gaan heelwat meer dialoog hê.