Passiespele 2007
Waaroor gaan die Verlore Seun?
Drie jaar gelede is die Passiespel “Die Leë Stoel” op Bethlehem opgevoer. Voorbereidings word nou reeds getref om volgende jaar weer ‘n Bybelstuk op die planke te bring! Ds Wessel Rossouw, kapelaan by 2 Veldgenieregiment, wat “Die Leë Stoel” geskryf het, het reeds sowat twee jaar gelede die nuwe stuk, “Die Verlore Seun”, geskryf. Die stuk bestaan ook oor 36 tonele en begin met die gelykenis van die Verlore Seun, waar die seun die pa se huis verlaat. Christus het die ongelooflike opdrag van Sy Vader gehad om ook uit die huis te gaan. “Die Verlore Seun” werk onder meer op ‘n varkplaas om geld te spaar om terug te keer na sy ouerhuis. Op pad terug word hy deur twee rowers (wie vroeër sy vriende was) oorval. Sowat 300 mense het in “Die Leë Stoel” opgetree. Meer as 400 mense sal aan die “Verlore Seun” kan deelneem. Mnr Coenie Venter, die uitvoerende regisseur, sê ‘n volledige orkes van sowat 30 lede gaan hierdie keer optree en die koor gaan tot 120 mense vergroot word. Oudisies gaan gehou word, waarna die rolverdeling sal plaasvind. Dus sal iemand wat voorheen een van die hoofrolle gespeel het, nie noodwendig weer dieselfde rol vertolk nie. ‘n Spesiale stel word beplan en Mnr Johan Steyn, bekendige ingenieur van Bethlehem het ingestem om dit te ontwerp. Op ‘n aanvangsvergadering in die NG Kerk Betlehem-Wes is bsluit om “Die Verlore Seun” vanaf 14 tot 23 Maart 2007 in die NG Kerk Bethlehem-Wes se saal op te voer en toe te sien dat iemand aan die stuur van elke afdeling is. Mnr Andries Classen is vir die spelafrigting verantwoordelik terwyl Mev Cecile van Rooyen die kostuums sal behartig. Mnr Tiens Opperman is vir die bou van die stel verantwoordelik, terwyl Daleen Hamman die grimering sal doen. Die beligting sal hierdie keer deur twee plaaslike persone, Mnr Fanie van der Walt en Jannie Rothman gedoen word. Mev Annelise Voight sal gevra word om die koordanse te skep. Foto's en Video sal deur Magic Photography in Bethlehem behartig word. Mnr Dries Kotze, wat vir die ondersteuning en logistieke verantwoordelik is, kan vir navrae gebel word by 083 632 0297.
Hierdie is 'n gratis webtuiste en ons het ongelukkig geen beheer oor die "pop-up banners" wat op hierdie blad verskyn nie en hoop nie dat dit aanstoot sal gee nie.
Volgende Vergaderingsdatum: 22 Augustus 2006 in Efrata Kerk.
Ds Dougy spreek die vergadering toe by Bethlehem Wes Kerk op 26 Julie 2007
Wie moet hierdie vergadering bywoon?
Spelers besig om aan te meld by onderskeie afdelings.
Produksie- en logistiekespanne
Die Produksiespan word gelei deur Coenie Venter en kan gekontak word te die volgende telefoonnommer : 0823778512. Dries Kotze is aan die stuur van die Logistiekespan (Tel.: 0836320297)